Tuis - Bloodline Africa

Welkom by BLOODLINE
AFRICA Waar Afrika se potensiaal ‘n realiteit word!

Tuis - Bloodline Africa

Bloodline Africa is ‘n gesogte veiling groep, wat bestaan uit nege verskillende wild telers. Ons is in 2014 gestig en sedert Junie 2015, bied ons jaarliks ‘n veiling aan wat van die beste diere in die bedryf ten toon stel.

VOLGENDE VEILING SAL AANGEKONDIG WORD

Thaba Manzi

Bela-Bela

S24’51.083 / E28’18.615

-13Dae -15Ure -3Minute -39Sekondes

ONS LEDE

Ons stel graag ons lede aan jou voor. Al nege telers het uitvoerige kennis en ervaring van die wildbedryf en spesifiek van die teling van seldsame wild. Ons telers het saam meer as 200 jaar ervaring. Jare van keusteelt, asook die verkryging van die beste beskikbare gene maak Bloodline Africa een van die gesogste name in die bedryf.

CROWN GAME BREEDERS

Crown Game Breeders is aan die oewer van die Matlabasrivier in die pragtige Limpopo-vallei geleë en bied met trots aan jou sommige van die beste gene wat in Suid-Afrika beskikbaar is.

DRINKPAN WILD

Drinkpan Wild is 35 km wes van Thabazimbi geleë in ’n gebied wat deur sy soet weiveld en taai hartwaterveld gekenmerk word wat uitnemende wildteeltoestande bied.

EKIM GAME BREEDERS

Ekim Game Breeders is in die pragtige Limpopo-provinsie geleë en spesialiseer in die teling van merkwaardige wild met uitstekende gene wat buitengewone opbrengs vir ons beleggers verseker.

KRYNAUW BOERDERY

Krynauw Boerdery lei deur ’n voorbeeld te stel van sterk sakevernuf en die begeerte om ’n diverse reeks seldsame en eksotiese wild te produseer.

MATLA MAMBA GAME BREEDERS

Matla Mamba is in 1970 gestig en is in die provinsies Limpopo en Noordwes geleë. Dis ’n familiebestuurde onderneming met kundigheid van die teling van seldsame wild.

MONELIESCHKE BOERDERY

Monelieschke word deur uitgestrekte, ongerepte vlaktes omring en is langs Ottoshoop, waar verskeie van Suid-Afrika se mees gesogte eksotiese wildspesies gevind kan word.

WOEMPA GAME BREEDERS

Met ’n verbysterende passie vir die natuur het Woempa gegroei en hy hou nou 30 wildspesies en bied merkwaardige gene aan beleggers.

MARIUS ROOTHMAN BOERDERY

Marius Roothman Boerdery bestaan uit beide plase Waterval en Hoogenboomen, geleë net suid van die Pilanesberge.

UKUJABULA GAME BREEDERS

Ukujabula beteken “Plek van geluk” in Zoeloe. Die plaas is geleë tussen Groblersdal en Marblehall waar die familie sedert 2002 met kwaliteit wild boer.