Wie is ons?

Bloodline Africa is in September 2014 gestig. Die stigterslede was Johan Eloff (Drinkpan Wild), Ben Botha and Pieter Lamprecht (Crown Game Breeders), Woempa and Maruis Fouchee (Woempa Game Breeders), Sam and Wim Krynauw (Krynauw Boerdery), Hannes and Jaco du Preez (Matla Mamba Game Breeders) and Mike Gcabo (Ekim Wild). In 2018 het ons Nico en Attie van den Berg van Ukujabula Game Breeders, asook Marius Roothman van Marius Roothman Boerdery by ons groep uitnemende telers verwelkom.

Wat bied ons aan?

As boere en sakeleiers besef ons hoe belangrik dit is en wat die waarde daarvan is om uitnemende handelsmerke aan die mark te verskaf. Ons huldig dieselfde siening wanneer ons ons buitengewone diere aan voornemende kopers voorhou. Die lede van Bloodline Africa teel ’n wye keuse van seldsame spesies, waaronder pragtige, natuurlike kleurvariante. Die samewerking tussen ons lede verseker dat Bloodline Africa ’n wye en diverse genepoel aan jou kan bied. Ons is ook trotse lede van WRSA. Ons sal voortgaan om diere aan die mark te bied wat die potensiaal van ons kopers se eie kuddes sal vergroot en waarde tot hul wildsplaasbedrywighede sal toevoeg. In 2016 het ons R260 000 tot renosterbewaringsprojekte bygedra. In 2017 het ons R150 000 geskenk aan die WRSA, HPG en die Paul Kruger Kinderhuis. In 2018 het ons liefdadigheids-skenking R154 000 beloop en ons het dit gelykop verdeel tussen HPG en Droogtehulp met Burre Burger.

Waar is ons?

Die telers van Bloodline Africa is in die provinsies Mpumalanga, Limpopo en Noordwes geleë. Dit maak dit moontlik om ’n wye reeks telers en beleggers uit verskillende streke te dien en maak dat ons diere by verskeie gebiede kan aanpas. Onder ons Telers-opskrif kan jy jou vertroud maak met meer gedetailleerde inligting oor elkeen van ons telers.

Meer oor ons - Bloodline Africa

Back From Left to Right: Johan Eloff ( Chairman), Hannes du Preez, Woempa Fouchee, Ben Botha, Harry Rossouw, Mike Gcabo.

From Left to Right: Wim Krynauw, Pieter Lamprecht, Sam Krynauw, Jaco du Preez.

Ons veiling

Die Bloodline Africa-veiling is ’n jaarlikse gebeurtenis. Ons verkoop elke jaar tussen 90 en 100 lotte. Ons is nie op hoeveelhede ingestel nie en het streng seleksiekriteria vir al die diere wat opgeveil word. Ons gebruik ook ’n derde party om oor die seleksieproses toesig te hou om deursigtigheid en onafhanklikheid te waarborg. Al ons veilings word by Thaba Manzi Bela-Bela gehou. Ons sal voortgaan om ons jaarlikse veiling daar aan te bied en kondig graag aan dat ons sopas ’n ooreenkoms van drie jaar met hulle onderteken het wat vir albei partye voordelig is.
Wildswinkel is ons veilingsgroep en Brandon Leer is ons afslaer.

Meer oor ons - Bloodline Africa

From Left to Right: Sam Krynauw, Nico van den Berg, Jaco du Preez, Attie van den Berg, Pieter Lamprecht, Woempa Fouchee, Johan Eloff, Maruis Fouchee, Marius Roothman, Ben Botha, Wim Krynauw.