Crown Game Breeders is aan die oewer van die Matlabasrivier in die pragtige Limpopo-vallei geleë en bied met trots aan jou sommige van die beste gene wat in Suid-Afrika beskikbaar is.

Ons het die laaste paar jaar na sommige van die beste aanteeldiere in Suid-Afrika gesoek en bied met trots swartwitpens, buffel, goue wildebees, koningswildebees, goue gemsbok, bastergemsbok, uitstekende rooibok, swartrooibok, witrooibok ensovoorts aan. Saam met wetenskaplik opgestelde voer, presiese rekordhouding en uitvoerige ervaring van wildteling sal dit beduidende waarde by jou investering voeg.

Geskiedenis

Crown Game Breeders bestaan uit drie plase: Jakhalsfontein, Elysium en Somerset-Noord. Hulle is saam 6 500 ha groot. Ons is al meer as 21 jaar by die wildtelingsbedryf betrokke, maar spesialiseer die afgelope 10 jaar in seldsame wild. Ben is ’n ywerige sakeman wie se familieplaas in 1985 gekoop is. Pieter is gebore op die plaas waar hy woon en is al sedert 1994 by wildsboerdery en jag betrokke.

Pieter het Ben se plaas aanvanklik as ’n jagkonsessie gebruik, maar nadat hulle ’n strategie uitgewerk het, het hulle besluit dat dit ’n fantastiese vennootskap kon wees om Crown Game Breeders te stig en intensiewe telingsprojekte te begin. Die wildstelingsprojekte floreer en die Crown-familie gaan van krag tot krag. Ons boer intensief met 11 seldsame en eksotiese wildspesies en ekstensief met nog 10 wildspesies.

Ons het 15 werknemers. Dikwels laat ons personeellede wat potensiaal toon en lief is vir wat hulle doen, kursusse, soos ’n professionele jagkursus of ’n kookkursus, bywoon. Dit is wonderlik om hulle tot hul volle potensiaal te sien ontwikkel. Ons het ’n jaglodge wat tot ekonomiese groei en werkskepping in die plaaslike gemeenskap bydra.

Ons is by Professional Hunters’ Association of South Africa (PHASA), Safari Club International (SCI) en Wildlife Ranchers South Africa (WRSA) geaffilieer.

Filosofie

Ons glo nie dat die gevolg van goeie teling net afhang van hoe die teeldiere lyk nie. Ons glo daaraan om net van die beste bewese bloedlyne te verkry. Ons kyk na hoe ’n sekere bloedlyn in die algemeen saam met ander bloedlyne vaar. Sekere diere wat ondergemiddeld is, teel ook soms beter as ander wat uitstekende diere is. Jy moet jou diere ken en jou rekordhouding van jou diere moet bygehou word sodat jy ingeligte besluite kan neem.