Drinkpan Wild is 35 km wes van Thabazimbi geleë in ’n gebied wat deur sy soet weiveld en taai hartwaterveld gekenmerk word wat uitnemende wildteeltoestande bied.

By Drinkpan meen ons dat ons uitstekende natuurlike weiding saam met die toediening van oordeelkundige aanvullings ons diere se buitengewone toestand verseker. Ons boer semi-intensief met al ons spesies, wat tot hul aanpasbaarheid in enige deel van die land bydra.

Ons eerste Livingstone-elande is in Desember 1999 na die plaas gebring. Drinkpan het deur baie jare van keusteelt daarin geslaag om diere van topgehalte te teel, soos die bul Magiel, wat aan Thithombo Game Breeders verkoop is. Daarna is verskeie ander spesies op die plaas bygevoeg. Vandag spesialiseer ons by uitstek in die teling van bastergemsbok, Livingstone-eland, goue gemsbok, koedoe, njala, swartrooibok en saalrugrooibok. Ons wildhanteringsgeriewe is ook van buitengewone gehalte.

Geskiedenis

Drinkpan is ’n plaas van 1 374 ha. Ons is sedert 2003 by wildteling betrokke. My familie het baie jare lank met beeste en vlaktevee geboer. Namate die dinamika van die boerderyaktiwiteite verander het, het ons stadigaan van beesboerdery na wildsboerdery oorgeskakel. Dit was ’n maklike besluit om te verander vanweë die groter opbrengs wat ons uit wildsboerdery behaal het. Ons het 6 voltydse werknemers. Ons personeellede is almal op hul onderskeie diensterreine opgelei en hulle kry elke jaar bykomende opleiding om steeds aan bedryfstandaarde te voldoen. Ons boer met 14 spesies.

Ons bied naas wildteling ook jag, asook ekotoerisme aan. Drinkpan Wild is ’n lid van WRSA, asook die SA jagtersvereniging.

Filosofie

Ons glo daaraan om diere te teel wat oral in Suid-Afrika kan aanpas en wat vir ons kopers kommersieel winsgewend sal wees. Ons streef daarna om ’n eenvormige en nuttige stel diere met voorspelbare genetiese potensiaal saam te stel om ons langtermyn-doelwitte te bereik. Dit is op al ons verskillende kuddes en spesies by Drinkpan van toepassing.