Ekim Game Breeders is in die pragtige Limpopo-provinsie geleë en spesialiseer in die teling van merkwaardige wild met uitstekende gene wat buitengewone opbrengs vir ons beleggers verseker.

Ons is Ekim Game Breeders: geleë in Matjiesfontein, Lephalala, in die Limpopo-provinsie van Suid-Afrika. Ons is telers van seldsame wild – gevestig en gelei deur Mike Gcabo. Ons skep ’n waardevolle bate vir ons aandeelhouers en buitengewone opbrengs vir ons beleggers. Ons is daarop ingestel om tot die groei van die bedryf by te dra deur beleggers te betrek wat andersins nie by die bedryf betrokke sou geraak het nie. Sodoende dra ons regstreeks tot die transformasie, groei en diversifisering van die bedryf by. Ons streef daarna om merkwaardige, uitstekende gene te teel deur ons voorraad by gevestigde, hooggeagte telers te verkry.

Geskiedenis

Ons plaas se naam is Zanddrift en is 633 ha groot. Ons is al 5 jaar lank by die wildtelingsbedryf betrokke. Ek het in wildteling begin belangstel as ’n alternatiewe vorm van beleggingsbate en as die verwesenliking van my liefde vir die natuur en wild. Ons boer met 7 spesies en het 3 voltydse werknemers. Ons is besig om ’n wildbroeikas vir ontluikende wildboere te vestig. Ek is ’n direksielid van WRSA.

Filosofie

By Ekim doen ons wat ons sê. Wildteling is ’n kommersieel vervullende onderneming en bied fantastiese waardetoevoeging tot die wildekonomie. As ’n alternatiewe bron van proteïen dra dit baie tot voedselsekuriteit by. Dit lewer ook ’n beduidende bydrae tot natuurbewaring.