Matla Mamba is in 1970 gestig en is in die provinsies Limpopo en Noordwes geleë. Dis ’n familiebestuurde onderneming met kundigheid van die teling van seldsame wild.

Hannes du Preez het Matla Mamba Game Breeding 40 jaar gelede gestig. Hannes en sy seun, Jaco, boer op die wildsplaas Klippan, wat sowat 40 km van Mahikeng in Noordwes geleë is. Die eerste swartwitpense is in 1996 van die jagplaas Matla Mamba, wat aan die oewer van die Matlabas- en Mambarivier geleë is, na Klippan gebring. Dit was die begin van die intensiewe teling van seldsame wild. Gene van die goed bekende Silent Valley van Thaba Tholo word die afgelope 18 jaar in ons telingsprogram gebruik om die potensiaal van die diere te ontwikkel tot die uitnemendheid wat daar vandag in die kuddes is.
Buffels en bastergemsbokke is in 2000 by die telingsprogram ingesluit.

Geskiedenis

Ons wildteling strek oor twee plase – die een in die Limpopo-provinsie genaamd Thaba Manzi (8 500 ha) en die ander in Noordwes genaamd Klippan (13 500 ha). Ons is al sedert 1970 by die wildtelingsbedryf betrokke en boer sedert 1997 intensief met seldsame swartwitpens en buffel.

Hannes het in 1970 in sy eerste kamp in Noordwes met eland, gemsbok, springbok en waterbok begin. Ons het ons eerste swartwitpens in 1981 by Norman Atherstone gekoop, en die eerste buffel in 1991 by Pilanesberg. Die buffels en swartwitpenss wei op ons plaas in Limpopo. Sedert 1998 boer en konsentreer ons op groter en intensiewer skaal met swartwitpens op Klippan in Noordwes waarby buffel in 2000 gevoeg is.

Ons het altesame 55 werknemers wat met die bestuur van ons bees-, graan- en wildboerdery help.

Daar is ’n skool 1 km van die plaas af waarheen ons werknemers se kinders gaan. Ons help gereeld met die onderhoud van die terrein.

Ons het ’n veilingsperseel op die plaas waar ons opleidingskursusse vir ons personeellede aanbied, soos trekkeronderhoud, beesversorging, wat onthoorning en inspuitings insluit, asook enigiets anders wat daartoe bydra om die gesondheid en lewensgehalte van die beeste te verseker.

Ons is by WRSA, Klippan Farmers Union, Hunters’ Association en Director NWK geaffilieer en vorm deel van die topbestuur van RPO.

Filosofie

Om te sien is om te weet. Diere moet daagliks gesien word om te sorg dat jy opmerk as een beseer of siek is sodat dié dier die nodige behandeling kan kry. ’n Nagwag patrolleer die telingskampe twee keer deur die loop van die nag, terwyl Hannes of Jaco een keer per dag deur die kampe ry om seker te maak dat hulle al die diere in die verskillende kampe sien. Rekordhouding is ook baie belangrik vir sowel jou telingsprogram as potensiële kopers.
Ons boer met 18 spesies. Ons is geëerd om die telers van hierdie buitengewone diere te wees. Ons teel vir die toekoms.