Monelieschke word deur uitgestrekte, ongerepte vlaktes omring en is langs Ottoshoop, waar verskeie van Suid-Afrika se mees gesogte eksotiese wildspesies gevind kan word.

Harry Rossouw, stigter van Monelieschke en uitsonderlike entrepreneur, en sy broer, Jack, landgoedbestuurder, is ’n besonder passievolle duo wat daarna streef om Suid-Afrika se topbloedlyn te teel. Saam vorm die Rossouw-broers ’n gedugte paar. Harry is die sakemagnaat wat geleenthede kan raaksien en die dryfkrag agter die beleggingspotensiaal van die wildsplaas en die handelsnaammoontlikhede van die artesiese water is, terwyl Jack die betrokke momentum (met ’n aanvoeling vir wildsteling) bied wat sorg dat dit alles gebeur.

Monelieschke word deur uitgestrekte, ongerepte vlaktes omring en is langs Ottoshoop. Met ’n ryke geskiedenis as die ligging van die eerste Suid-Afrikaanse goudstormloop en setlaars van die 1800’s is Monelieschke die tuiste van verskeie van Suid-Afrika se mees gesogte eksotiese wildspesies, met bloedlyne wat by van die land se mees vooraanstaande telers verkry is.

Geskiedenis

Monelieschke strek oor drie plase: Doornplaat (1 076 ha), Stinkhoutboom (1 000 ha) en Welbedacht (880 ha). Ons is al 14 jaar by die wildtelingsbedryf betrokke en 4 jaar by intensiewe teling. Die Rossouws het op ’n plaas grootgeword en hul eerste plaas in 1993 gekoop. Ons boer met 14 wildspesies. Ons het 21 werknemers en verskaf water aan die plaaslike gemeenskap. Ons lei plaaslike mense voortdurend op in die vaardighede van wildsboerdery en die bedryf van ’n waterbotteleringsaanleg.

Filosofie

Ons filosofie van wildteling is: Dis ’n stokperdjie met langtermyn-groeipotensiaal en die visie om voortdurend die gene en bloedlyn te verbeter. Die wild by Monelieschke – wat net verkry word by telers wat self buitengewone stamboeke het – is ’n bewys van Harry Rossouw se passie vir uitnemendheid. Geen koste word ontsien om weikampe te skep om die best weiveld in Noordwes te benut nie. Buurplase is ook verkry om die aanvullende voedingstowwe te kweek wat die wild in ’n uitstekende toestand hou.