Schoongezicht is ‘n goed gevestigde wildsplaas in die Thabazimbi Rooibokkraal-area van Suid-Afrika en ons fokus sedert 2001 op die wild- en jagbedryf.

Oor die afgelope paar jaar het Schoongezicht homself bewys deur van die beste en mees gesogte genetika in Suid-Afrika te teel oor ’n breë spektrum van spesies. Schoongezicht is bekend vir sy bosveld aangepaste baster gemsbokkuddes, maar spesialiseer ook in swartwitpense , buffels, njalas, goue gemsbokke, goue wildebeeste, swart rooibokke, hartwater springbokke en uitsonderlike waterbokke.

Geskiedenis

Schoongezicht is in 2001 gestig agv. George se passie vir die wild- en jagbedryf. Dit het vinnig  gegroei tot verskeie jag-, teling- en besproeiingsplase en bestaan ​​vandag uit meer as 9000 hektaar Thabazimbi Bosveld. Die eienaar, George het ook die WRSA-wildboer van die jaar-toekenning vir 2018 ontvang. Schoongezicht is ‘n self-volhoubare wildsplaas wat die afgelope 20 jaar van die grond af opgebou is.

Filosofie

Ons streef daarna om ‘n top-gehalte jagbestemming te wees, wat ‘n ware Afrika-jagervaring aan ons kliënte bied. Ons sal op die voorpunt van die wildbedryf bly om uitstaande diere te teel deur etiese en volhoubare teling.