Ukujabula beteken “Plek van geluk” in Zoeloe. Die plaas is geleë tussen Groblersdal en Marblehall waar die familie sedert 2002 met kwaliteit wild boer.

Ten einde ons besigheidsbelange te diversifiseer, besluit ons in dieselfde jaar om met Oos-Afrika buffels te begin boer en Zambiese swartwitpense volg in 2008.

Die eerste agt kerndiere is uit die kudde van Dave Alexander gekoop wat die legendariese Maningi as teelbul gebruik het. Sedertdien is die bloedlyne van Masai en Bayeto in die kudde gevestig. Vandag spog hierdie kudde met van die beste manlike en vroulike diere beskikbaar waarvan ‘n aantal op vanjaar se katalogus veiling aangebied word.

Geskiedenis

In Junie 2002 word een van ons lewensideale bewaarheid met die aankoop van die plaas Ukujabula wat “place of happiness” in Zulu beteken. Hierdie Bosveld paradys tussen Groblersdal en Marble Hall is inderdaad die afgelope 10 jaar vir ons gesin ‘n “place of happiness”.

Filosofie

Ons Zambiese swartwitpens-kudde, afkomstig uit die Thaba Tholo bloedlyne, is veral vir buitengewone horinglengtes en besonderse maskers bekend. Gedurende 2012 brei Ukujabula ook hulle wildboerdery uit met die aankoop van Goue Wildebeeste en Swartrooibokke. In 2013 word ‘n nuwe plaas genaamd Trascate gekoop en spesiaal ingerig vir sy Oos-Afrika Buffelboerdery. Uitsonderlike volwasse en jong manlike sowel as vroulike diere word op die veiling as deel van Ukujabula Game Breeders aangebied.