Met ’n verbysterende passie vir die natuur het Woempa gegroei en hy hou nou 30 wildspesies en bied merkwaardige gene aan beleggers.

Woempa Game Breeders is geleë op die plaas Retief tussen Baltimore en Tolwe in die Koedoesrand-omgewing, waar ’n groot verskeidenheid van seldsame wild geteel word. Die Fouchee-familie boer sedert 2003 intensief met Suid-Afrika se topgene. Die hele familie het ’n verbysterende passie vir die natuur en dit is hoekom ons dié uitnemende diere vir die wildbedryf wil teel. Ons buitengeone gene produseer onder meer merkwaardige swartwitpensteelbulle van 49,25”. Ons boer met meer as 30 spesies. Ons is ook ’n professionele jagleweransier.

Geskiedenis

Ons plaas, Retief, is 1 700 ha groot en is in 2003 gekoop. Ons het begin deur ’n paar kampe te bou en het Woempa, ’n swartwitpensbul van Wes-Zambië, gekoop en daarmee ons onderneming begin. Ons boer met sowat 30 spesies en het 8 voltydse werknemers om met die daaglikse bestuur van wildsboerdery en jag te help. Ons is by WRSA en SA Hunters’ Association geaffilieer.

Filosofie

Woempa Game Breeders, waar ons genepotensiaal jou werklikheid kan wees.